Die pandemie het ons kwilters genoop om ander planne te maak aangesien ons nie as `n groep bymekaar kon kom. Maar soos met vele ander mense/dinge het tegnologie dit vir ons moontlik gemaak om steeds as groep te funksioneer.
Met ons eerste Virtuele Stikdag gedurende Februarie 2021 agter die rug, het Hannelie de Wet (Voorsitter) met `n voorstel gekom dat die Sandveldkwilters `n "mystery" - kwilt moet aanpak. Die nodige inligting sal 2 weeklikse via ons Whats App Groep deurgegee word! So gesê, so gedaan...
En wat `n wonderlike voorstel! Dit vind sommer dadelik aanklank by die meeste lede en tans is daar meer as 50 lede besig om aan hul kwilte te werk!
Die kwilt nader nou vinnig voltooiing en die voorlopige uitlegte wat te siene is, maak dat ons nie kan wag dat almal hul kwilte voltooi! `n Groot uitstalling word vir die toekoms beplan!
Welgedaan aan almal en dankie vir jul deelname!
Hier is voorbeelde van die blokke, sedert 22 Februarie 2021 toe die eerste inligting geplaas is...
Blok 1
No comments:
Post a Comment