"Show & Tell" - wenners

Image result for images of a rosette no 1

"Show & Tell" - wenners !

6 Februarie 2019.

Amanda Palvie

Waar woon jy, Amanda?
Bloemfontein.
Wanneer het jy begin kwilt?
Die jaar 2003.
Wat was jou eerste kwilt?
`n "sampler quilt" -  sodat  verskeie tegnieke geleer kon word.
Hou jy van tradisionle of meer innoverende- of kuns - kwiltwerk?  
Tradisionele kwiltwerk is vir my baie mooi, maar ek verkies om innoverende en  kunskwilte te maak.
Hoe besluit jy watter kwilt  jy wil maak?
Ek maak wat ek van hou. Bv. sou ek die Clarensfees of enige ander fees bywoon, kyk ek wat aangebied word en as daar iets is wat vir my mooi is, sal ek dit maak.
Wat maak jy met al jou kwilte?
Sommige  word opgehang in ons huis, ander word oor `n bed gegooi.  En somtyds gee ek `n kwilt aan iemand spesiaal. 
Vertel meer van jou wenkwilt...
...dit is `n basiese patroon van Desire Juta. Ek het egter van ander tegnieke gebruik gemaak wat ek deur die jare by verskeie klasse geleer het. Hierdie kwilt is `n geskenk aan my jongste kleindogter.

Baie geluk, Amanda!

********************************

Kykerkskeuse  - 2 Mei 2019

Ansa Griesel



Ansa Griesel (links) saam met Amanda Palvie wat die "Show & Tell" reël.




Baie geluk, Ansa! Jou kwilt is pragtig! Welgedaan!

Meer oor Ansa...

Ansa is `n  ou Bultfonteiner. Sy maak al vir  die afgelope 42 jaar  klere en het so 4 jaar gelede begin kwilt en het by Mari Strydom kwiltklasse geneem.
Ansa en haar man is  afgetree en woon steeds in Bultfontein. Sy het 2 kinders – `n seun en `n dogter en  3 kleinkinders.
Rooi is haar gunsteling kleur.

***************************










No comments:

Post a Comment

Nasionale Kwiltfees 2022 - Kompetisie Kategoriee

 https://drive.google.com/file/d/1z6TwVMe3ZOPzO7PYOx2WlSqhEyZQbQpt/view?usp=sharing