Die inperkings tydens die Covid 19 pandemie het meegebring dat ons as kwilters planne moes maak om steeds te kan kwilt as `n groep. Danksy tegnologie kan ons dit toe virtueel doen en is `n aanlynkursus vir die maak van `n oulike tassie aangebied.
Christea Smith het haar goed van haar taak gekwyt en die instruksies was baie duidelik uiteen gesit en stap - vir - stap as`n foto op Whats App geplaas.
Die Bultfonteiners het selfs as `n groepie die oggend van 7 Oktober 2020 saam gewerk.
...lede kon via die Whats App-groep hul vordering plaas en ook vir raad vra van Christea sou hulle twyfel oor hoe om `n stap toe te pas ens.
...die lede het omtrent buite die boks gedink en die mooiste tassies gemaak!
Hier is `n paar klaar tassies.
No comments:
Post a Comment