Algemene Vergadering
6 Februarie 2019
(Gasvroue vir die dag: Hoopstad, Wesselsbron en Bloemhof)
Elmè Lyell maak seker dat die ledelyste gereed is om die lede te ontvang.
...lede meld hulself aan by ontvangs en ontvang `n gratis patroontjie.
Hannelie de Wet van Beautè Lappe staan gereed vir al die kwilters wat `n lappie of 2 wil aankoop.
Nieka van Emmenes hanteer die Sandveldgroep se biblioteek. Hier kan jy boeke en tydskrifte teen `n minimale bedrag uitneem vir `n tydperk van 3 maande.
Sanet Olivier hanteer ons "Sewing room sale". Hier kan jy al jou "odds & ends" verkoop. Slegs 10% van jou verkope gaan na die Sandveldgroep om die finansies te versterk.
... `n vendor vir die dag - met heerlike beskuit, koekies en konfyt. Kontak gerus vir Yolindie Wessels of Karien Le roux van Plaas Delikaat as jy opsoek is na vars gebak!
...nog `n uitstaller vir die dag was Village Secrets met hule pragtige Shwe-shwe skoene. Besoek hulle gerus by - https://www.facebook.com/villagesecrets/
...lede begin hul masjiene uitpak en maak gereed vir `n lekker stikdag.
Elmè Lyell van Wesselsbron open die vergadering.
Alaë Grabë van "Quilt in Clarens" vertel meer van dìe fees.
Mari Strydom (Voorsitter) wens vir Amanda Palvie - die eerste "show & tell" - wenner van die Sandveldgroep, geluk.
Amanda Palvie by haar wenkwilt! Baie geluk, Amanda.
(Lees meer oor Amanda op ons blog, by die afdeling "Show & Tell" - wenners)
Marlisa Smit is een van die gelukkige wenners van die "lucky draw"!
Die heerlike muffins en skons wat deur die gasvroue vir die dag verskaf is.
Dis tyd vir stik!... Mari gaan die patroon saam met die kwilters deur.
Mari wys `n voorbeeld van die kussing wat gemaak gaan word. ( Elke kwilter het `n patroon met 6 verskillende ontwerpe ontvang.) Hierdie motief word d.m.v "bobbin" - werk op die lap aangebring en dan versier met afvallappies en knope.
Stap 1 vir die kwilters was om hul motiewe op hul lappie af te trek.
Mari wys watter masjienvoetjie om te gebruik.
Mari verduidelik en wys hoe om jou lappie vas te hou terwyl jy stik.
`n Kwilter besig om haar motief ( `n hartjie) te versier.

...van die kwilters
se motiewe begin
vorm aanneem.
...laastens moet jou kussing afgerond word - en hier wys Mari hoe om die ritssluiter in te sit.
Baie dankie aan die gasvroue vir `n heerlike stikdag!!!
Dankie ook aan al die borge vir lekker geskenkpakke vir die "Show en Tell" - wenner asook vir die "lucky draws"!!!
Van die kwilte wat uitgestal was...
...Kyk uit vir die volgende Algemene Vergadering - 2 Mei 2019.
Meer inligting oor die stikdag sal nader aan die datum op die blog en fb geplaas word. Dit sal ook aan die groepleidsters deurgegee word.
No comments:
Post a Comment