https://drive.google.com/file/d/1z6TwVMe3ZOPzO7PYOx2WlSqhEyZQbQpt/view?usp=sharing
Sandveld Country Quilt Group
Sunday, April 24, 2022
Saturday, May 29, 2021
Sandveld "Mystery" - kwilt 2021
Die pandemie het ons kwilters genoop om ander planne te maak aangesien ons nie as `n groep bymekaar kon kom. Maar soos met vele ander mense/dinge het tegnologie dit vir ons moontlik gemaak om steeds as groep te funksioneer.
Met ons eerste Virtuele Stikdag gedurende Februarie 2021 agter die rug, het Hannelie de Wet (Voorsitter) met `n voorstel gekom dat die Sandveldkwilters `n "mystery" - kwilt moet aanpak. Die nodige inligting sal 2 weeklikse via ons Whats App Groep deurgegee word! So gesê, so gedaan...
En wat `n wonderlike voorstel! Dit vind sommer dadelik aanklank by die meeste lede en tans is daar meer as 50 lede besig om aan hul kwilte te werk!
Die kwilt nader nou vinnig voltooiing en die voorlopige uitlegte wat te siene is, maak dat ons nie kan wag dat almal hul kwilte voltooi! `n Groot uitstalling word vir die toekoms beplan!
Welgedaan aan almal en dankie vir jul deelname!
Hier is voorbeelde van die blokke, sedert 22 Februarie 2021 toe die eerste inligting geplaas is...
Blok 1
Monday, November 30, 2020
Sandveldkwilters maak speldekussings! 8 Julie 2020
Die inperking vanweë die Corona - pandemie het nie verhoed dat die Sandveldkwilters nie hul stikdae kan hou soos in die verlede en dit boonop te geniet!
Dit is net aanlyn verskuif via Whats App en die lede het dit terdeë geniet.
Eerste aan die beurt was die geskiedenis van speldekussings en die uitdaging aan die lede was om hul speldekussings en ander kwiltsnuisterye met ander lede te deel...en dan ook om `n nuwe speldekussing te maak!
Nasionale Kwiltfees 2022 - Kompetisie Kategoriee
https://drive.google.com/file/d/1z6TwVMe3ZOPzO7PYOx2WlSqhEyZQbQpt/view?usp=sharing
-
...die laaste Stikdag vir 2019! Gasvroue vir die dag - Bloemfontein, Brandfort, Boshof en Kimberley. Dankie vir heerlike muffins, bilt...
-
Die inperking vanweë die Corona - pandemie het nie verhoed dat die Sandveldkwilters nie hul stikdae kan hou soos in die verlede en dit boon...
-
https://drive.google.com/file/d/1z6TwVMe3ZOPzO7PYOx2WlSqhEyZQbQpt/view?usp=sharing